0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (7)
  • R250 - R500 (6)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 13 of 13 matches in All Departments

Spikkelsterre op Mtwana - Mieke: Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Spikkelsterre op Mtwana - Mieke: Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R195 R168 Discovery Miles 1 680 Save R27 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Mieke se pad kruis met Sasha Dyssel, Miss Eco Warrior Limpopo-finalis, wat die skool en Mtwana se gas is. Fen en al die graadsewe-seuns verloor hul hart op die mooie Sasha. Maar dis Mieke wat die dieper kant van die meisie leer ken, en uitvind waarom sy en Smiley, die outjie wat gedurig 'n nuwe blouoog het, soveel in gemeen het. Die ontkoping is die finaal van Miss Eco Warrior, met afskeid en oorgang vir beide Mieke en Fen wat deur die storie verweef is.

Weerlig Oor Mtwana - Mieke: Boek 3 (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Weerlig Oor Mtwana - Mieke: Boek 3 (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R195 R168 Discovery Miles 1 680 Save R27 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Dis al Maart. Mieke het nog nie met Fen gepraat vandat hy koshuis toe is nie. Hy bel nie, kom nie naweke huis toe nie. Op Mtwana hang daar 'n skadu van onsekerheid.

Die Phiri-bende is oorkant die rivier aktief. Hulle teiken hoofsaaklik olifante. Mieke sit haar voet neer en bel vir Fen by die koshuis.

'n Boelie gryp sy foon en 'n bakleiery breek uit. In die gestoei breek Fen sy spanmaat, Jock, se neus. Fen én Jock word geskors. Hulle straf: twee weke se harde arbeid op Mtwana.

Kersfees In April - Mieke: Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Kersfees In April - Mieke: Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R195 R168 Discovery Miles 1 680 Save R27 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Mieke se lewe op Mtwana Wildlife Rescue, aan die oewer van die Limpopo, is alles behalwe saai. Tussen haar pa as die plaas se veearts, Fen se ouma Maggi wat die lodge bestuur en haar eksentrieke oupa Bosjan se natuur- en lewenswysheid kry sy skaars kans om haar ma te mis.

Maar soms wel, veral noudat sy in Gr 7 is en haar tannie Sylvie ver weg is in Amsterdam. Gelukkig was Fen nog altyd daar: Haar boetie wat sy self kon kies, wat van dag een af saam met haar op 'n donkie skool toe ry.

Absoluut Einstein (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Absoluut Einstein (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Christien Neser neem die vyfjarige Micha uit Amper Einstein (Tafelberg, 2013) se storie op ’n verrassende wyse verder.  In Absoluut Einstein is hy in graad 9, met Matriek­IT onder die knie. Maar sy outisme het hom tot nou uit ’n “gewone” skool gehou. As hy egter aan ’n universiteit wil studeer, moet hy leer sosialiseer, en daarom begin Micha in graad 9 vir die eerste keer by Parkrand Hoërskool skoolgaan. Dylicia word gevra om ’n ogie oor Micha te hou. Sy’s die enigste meisie in die skool se Robotika­groep, wat vir die Grottobot Fest ’n robot bou en programmeer. Eers lyk dit asof die Vuilhonde en Micha koppe gaan stamp, maar Micha en Bees vorm ’n onwaarskynlike vriendskap, en gou lyk dit vir Dylicia asof die groep seuns, Micha inkluis, haar nie meer nodig het nie.

Amper Einstein (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Amper Einstein (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R230 R198 Discovery Miles 1 980 Save R32 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Amper Einstein is die storie van twee broers: Leonard in graad 10 en die sesjarige Micha, wat aan outisme ly. Toe Micha se outisme by sy nuwe pre-primere skool (die soveelste een) gediagnoseer word en dit daadwerklik behandel en hanteer word, begin dinge regkom. Leonard vind dit egter wel moeilik om gefokus te bly op sy ideaal om eendag ingenieur te word. Hy is 'n slimkop en hy en sy groepie "mede-geeks" by die skool droom om die jaarlikse brugboukompetisie vir hoerskole te wen, sodat hy ’n beurs kan kry om ingenieurswese te gaan studeer. Daar is ook 'n romanse wat ontwikkel tussen Leonard en Hannelore, een van die "geeks" in sy span. Die tema van outisme en Asperger-sindroom is baie goed uitgebou. Op 'n onopsigtelike en goed geintegreerde manier leer die leser meer daaroor, en dit bereik een van die belangrike doelwitte van hierdie tipe boek: bewusmaking van so ’n toestand en die afbreek van stereotipes en vooroordeel.

Elle-reeks Omnibus 4: Christien Neser Elle-reeks Omnibus 4
Christien Neser
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

In this omnibus Elle and her friends have incredible adventures ... The omnibus includes a new story! In Droomkans Elle is still wondering where on earth to get money to buy her dream dress for the matric dance, while some unexpected visitors pop up in the school hostel. To make matters worse, Mrs Bender, the principal, is determined that Elle should come up with a project to end her year as head girl of Gravitas on an unforgettable note. Will Elle get her dream chance to leave a lasting legacy? In Vreesloos Elle is rather scared. Her matric year is coming to an end. She wants everything to slow down, because she’s not sure if she’s ready for life outside of her beloved Gravitas. While other girls are making plans for their matric vacation, Elle just wants to forget about it. She wants to soak up every last moment. Like the matric farewell. In Roekeloos Elle is awaiting her matric results. She has just had a wonderful matric vacation, but now the realities of young adulthood is awaiting her. What choices will she have to make and what does her future look like? A brand-new book in the Elle series!

Pienk Is Nie Vir Sissies Nie (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Pienk Is Nie Vir Sissies Nie (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R210 R181 Discovery Miles 1 810 Save R29 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Nicci is 'n willewragtig op 'n bergfiets. Die heel lekkerste is om die seuns se reaksie te sien wanneer hulle besef 'n meisie het vir hulle weggery. Tot die dag wat Nicci wreed aangeval en van haar fiets beroof word. Haar wêreld tuimel ineen. Wie sal so iets doen? Stuk-stuk pas Nicci en haar vriende Felicity en Donovan die legkaart inmekaar, en wat hulle uitvind toets hulle geloof in hulle medemens, en hulle eie waardes. Die boek daag ook geslags- en verhoudingstereotipes speels en slim uit. Nicci is ewe goed in ballet en bergfietsry, maar omdat sy 'n meisie is, verwag haar ouers en onderwysers dat sy vanselfsprekend ballet sal kies. Haar oë gaan ook oop oor die ou op wie sy verlief is, wat eintlik maar net 'n modelmooi meisie soek vir wie voorkoms en wat ander mense van haar dink, mees belangrik is. Sy vind in Donovan 'n ware vriend wat haar toelaat om haarself te wees.

Elle Omnibus 2 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Elle Omnibus 2 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die volgende drie boeke van Christien Neser se gewilde Elle-reeks is nou beskikbaar in ʼn omnibus. Hierdie titels is: Rocksusters, Duinebesies en Franse vlegsel.

Help! My Child Is Atypical - Early Intervention In The Pre-School Years (Paperback): Christien Neser Help! My Child Is Atypical - Early Intervention In The Pre-School Years (Paperback)
Christien Neser
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

To raise a typical toddler is no joke.

So what do you do when your child happens to be ‘different’?

What if he’s hyperactive and can’t pay attention?

What if you suspect that she might be autistic?

What can be done about low muscle tone and poor pencil grip?

What if his language development is not on par, or he lisps or stutters?

And what if she doesn’t have learning difficulties, but suffers from anxiety?

In Help! My Child is Atypical a team of experts answer these and many other questions that parents struggle with daily. Is therapy really essential or is it just a money-making scheme? And where do you begin when you suspect something’s amiss? In 30 gripping case studies, parents and therapists relate their true stories of determination and hope. Psychologists, speech therapists, audiologists, occupational therapists, physiotherapists, play therapists and other medical practitioners share their knowledge, experience and secrets.

Help! My Child is Atypical is a practical guide that equips you with the tools needed to make you and your child a champion team!

Help! My Kind Is Anders - Ontdek Die Ster In Jou Anderster Kind (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Help! My Kind Is Anders - Ontdek Die Ster In Jou Anderster Kind (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Help! My kind is anders! is ’n praktiese gids wat jou met ’n gereedskapkis toerus om van jou en jou kind ’n kampioenspan te maak! Om ’n tipiese kleuter groot te maak is geen grap nie. Hoe dan gemaak as jou kind ‘anders’ is? Wat as hy hiperaktief en aandagafleibaar is? Wat as jy vermoed sy’s op die outismespektrum? Hoe gemaak met lae spiertonus en ’n swak pengreep? Wat as hy ’n taalagterstand het, lispel of hakkel? En sê nou sy het nie leerprobleme nie, maar sukkel met angs?

In Help! My kind is anders! beantwoord ’n span kundiges dié en vele ander vrae waarmee ouers vandag worstel. Is terapie werklik nodig of net ’n geldmaakstorie? En waar begin ’n mens as jy dink daar is fout? In 30 boeiende gevallestudies vertel ouers en terapeute saam hul ware verhale van deursettingsvermoë en hoop. Sielkundiges, spraakterapeute, oudioloë, arbeidsterapeute, fisioterapeute, spelterapeute en ander medici deel hul kennis, ervaring en geheime.

Help! My kind is anders! is ’n praktiese gids wat jou met ’n gereedskapkis toerus om van jou en jou kind ’n kampioenspan te maak! Christien Neser is ’n skrywer en spraakterapeut wat al vir sowat 40 jaar in praktyk is.

Elle Omnibus 1 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Elle Omnibus 1 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Superhipermega-aaklig. Dis hoe Elle voel oor die vakansie wat voorlê. En daar is 'n paar baie goeie redes waarom sy so voel:

1. Beskaafde mense hou nie vakansie in 'n tent in die diepste bosse van Botswana nie.

2. Die familie en haar pa en ma se universiteitsvriende, die Mosterts, kom sak en pak saam.

3. Die Mosterts se twee irriterende, beterweterige, kondensmelkdrinkende seuns, Divan en Alex. Twee dorpsjapies. Twee koshuisbrakke. Wat haar boonop ignoreer. Vir háár, Elle-Belle. Geen normale ou met gesonde hormone het haar nog ooit geïgnoreer nie.

Maar in die bosse van Botswana ontdek Elle boonop 'n nare geheim oor haar ouers ... en teen wil en dank moet sy die twee seuns beter leer ken.

Die naam alleen klink al klaar vir Elle soos 'n doodsvonnis. Want terwyl haar ouers 'n jaar lank oorsee werk, moet sy na 'n ander skool toe gaan. 'n Meisieskool. 'n Superstreng meisieskool. Boonop is haar selfoon doodstil terwyl sy die heeltyd wens Alex se naam wil op die skerm flits.

Het hy ná hul Botswana-vakansie heeltemal van haar vergeet? Het die blikkie kondensmelk wat hy daardie aand vir haar gegee het, dan heeltemal niks beteken nie? In Blou sjokolade vind Elle tot haar skok uit dat die orkestoer Frankryk toe, waarna sy so lank reeds uitsien, afgestel is.

Dit beteken sy gaan waarskynlik die hele vakansie alleen by die huis sit en kyk hoe die grasperk doodryp, want haar ma en pa is op ’n navorsingsending na Antarktika. Maar dan kry Elle die kans om die Otter-wandelpad te gaan stap saam met haar kamermaat, Refi, die aantreklike Mostert-boeties, Alex en Divan, en drie kinders wat kanker gehad het.

Sommer gou vind Elle uit die Otter is beslis nie vir sissies nie – en twee aantreklike ouens op die staptog laat boonop haar hart vreemde dinge doen ...

Vreesloos (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Vreesloos (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Vreesloos? Elle is eerder vrekbang. Haar matriekjaar spoed ten einde. Sy wil brieke gooi, want sy weet nie of sy kans sien vir ’n lewe anderkant die rooibaksteenmure van Gravitas nie. Waar ander meisies planne maak vir hul groot matriekvakansie, probeer sy daarvan vergeet. Sy wil elke laaste oomblik met oorgawe geniet. Soos die matriekdans.

Op hierdie dans gaan sy ’n laaste kans kry om haar stempel af te druk. Dit moet onvergeetlik wees, veral vir die nuwe hoofmeisie en die graadelfs. Alles is droommooi: van die statige ou skoolgeboue tot haar metgesel in sy donker pak. Alles is supermega-stylvol: van die oerwoud in die skoolsaal tot die gourmet disse op die tafel. Mevrou Bender is op haar pos, goedkeurend en in beheer.

Wat kan verkeerd loop? Net mooi alles.

As haar droomdans dan wel onvergeetlik is, maar om al die verkeerde redes, moet Elle keuses maak. Sy en Refilwe moet die gevolge dra, want hulle is die gesig van Gravitas.

En wat wag vir Elle en Refilwe aan die einde van die eksamen? Gaan dit ’n vakansie in ’n pienk bikini wees, of ’n verblyf in ’n tronksel in ’n oranje oorpak?

Elle-reeks Omnibus 3: Middernagklub, Pienk bikini, Strikdans - Middernagklub, Pienk bikini, Strikdans (Afrikaans, Paperback):... Elle-reeks Omnibus 3: Middernagklub, Pienk bikini, Strikdans - Middernagklub, Pienk bikini, Strikdans (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Too Beautiful To Break
Tessa Bailey Paperback R280 R224 Discovery Miles 2 240
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Elecstor 18W In-Line UPS (Black)
R999 R869 Discovery Miles 8 690
Chicco Natural Feeling Manual Breast…
R799 Discovery Miles 7 990
Lucky Plastic 3-in-1 Nose Ear Trimmer…
R289 Discovery Miles 2 890
Simba ABC Elephant Ring Rattle
 (3)
R66 Discovery Miles 660
Party Paddle Beer Pong Table
R3,299 R1,049 Discovery Miles 10 490
Croxley Eco A4 2 Quire F&M 192Pg…
R50 R41 Discovery Miles 410
Professor Snape Wizard Wand - In…
 (8)
R832 Discovery Miles 8 320

 

Partners